Metaalhond (astrologie)

庚戌

Die Metaalhond (庚戌, gēngxū) is die 47ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sewende Hemelstam (庚, gēng) – die element Metaal en Jang – met die 11de Aardtak (戌, ), gesimboliseer deur die Hond (狗, gǒu).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalhondjaar het in 1970 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 6 Februarie 1970 tot 26 Januarie 1971.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne